s_oondvars_150
107

Jakkalsvoël

Kobus Maree
Human & Rousseau

Dié verhaal is verweef met die pyn waarmee talle mense, ook tieners, een of ander tyd worstel – moeilike huislike omstandighede, druk om te presteer, verhoudingsprobleme, aanvaarding, ‘n onsekere toekoms, siekte of dood van ’n geliefde . . . Die skrywer kry dit reg om op ’n realistiese wyse en met die nodige empatie tot binne-in die kop en hart van die tiener te kom. Die slothoofstuk is ’n vuishou in die maag wat die leser tegelyk kan ontstel, maar ook aangryp en opnuut ook onder die besef bring van hóé geweld en misdaad in die land op die een of ander manier ook tieners emosioneel aan flarde kan ruk. –

Publikasie: 2007-04-10
0
Would love your thoughts, please comment.x