s_oondvars_150
1006

Kaptein Hamerkophaai

Fanie Viljoen
Fanie Viljoen
Tafelberg

Al ooit gewonder wat sal gebeur as jy die domste vraag waaraan jy kan dink in die klas vra? Zelda, die boelie in Devon se klas, het hom uitgedaag om dit te doen en die volgende oomblik het Kaptein Hamerkophaai – seerower, sakkeroller, stranddief, vrybuiter, bedrieër en plunderaar van formaat – sy verskyning gemaak! Hy is saam met Devon huis toe, en het die volgende dag by die skool vir groot chaos gesorg, veral toe sy aartsvyand, Kwartiermeester Tierhaai, en sy trawante ook opdaag. Hierdie verhaal het as vervolgverhaal op Die Burger se kinderblad, KleinB, verskyn. Tydens die 10-week lange tydperk het kinders en hul onderwysers entoesiasties saamgelees. Dit is ook ondersteun deur klasaktiwiteite en selfs klankgrepe op die koerant se webblad.

Publikasie: 2009-05-07
0
Would love your thoughts, please comment.x