s_oondvars_150
1941

Karel Kraai se kitaar

Louise Smit
Human & Rousseau

Mamma Kraai weet haar kuiken het `n spesiale musiektalent. Hy kan fyn luister en allerhande geluide naboots. Hy sing dag en nag Ha-ha-a-a-aa! soos Hadeda, soos Jangroentjie Tji-tji-tjoe! en soos Duif Koekeroekoe!. Dit laat al die voels se koppe draai. Hulle ken nie meer hulle eie geluide nie! Die hele bos is deurmekaar.Mamma Kraai besluit hulle moet trek en `n plek gaan soek waar niemand ooit weer oor haar Kareltjie se musiek sal kla nie.
`n Heerlike prenteboek oor een van Louise Smit se gewildste karakters uit die destydse TV-reeks, Wielie Walie.

Publikasie: 2017-10-23
0
Would love your thoughts, please comment.x