Vir ouderdomme 5+ jaar. Sjalala is `n bangbroekslang. Hy kruip graag weg. Kan jy hom vang? Soek op elke bladsy na Sjalala, die kleurvolle, stoute slang, terwyl jy die heerlike, rymende, ritmiese teks geniet. Jy sal ssslinks en ssslim moet wees om vir Sjalala te vang en sy wegkruipplek tussen die uitbundige, prettige illustrasies te vind. Op die laaste bladsy wag daar selfs `n uitspring-verrassing! Met Afrikaanse beryming deur Philip de Vos – soos net hy kan! Vir vyfjariges en ouer.