Met die begin van die nuwe skoolkwartaal gaan die veertienjarige Klarette Prinsloo vir die eerste keer Maasdorp toe. Sy en haar sussie, Leonie, is jare gelede wees gelaat toe hul ouers gesterf het, maar hul voog, meneer Viljoen, dring nou daarop aan dat Klarette Maasdorp toe gaan ten spyte daarvan dat die Prinsloo-kinders nie finansieel beskik oor dit wat die tipiese Maasdorper uit `n welgestelde huis het nie. Tog word Klarette ingetrek in die kring van Teda Voster en haar maats, en hulle nooi haar om deel te word van die redaksie van die skoolblad wat hulle beplan. Maar Jessamie de Villiers en die Renton-tweeling het ook planne om `n skoolblad te publiseer! Gou is daar woeste wedywering in die lug, maar dinge word baie ingewikkeld toe `n na-ywerige meisie Klarette vals beskuldig en allerhande gerugte oor haar pa se testament die ronde begin doen.