s_oondvars_150
382

Mamma het my nooit vertel nie

Babette Cole
Human & Rousseau

Die lewe is vol geheime en niemand weet dit beter nie as daardie kleintjie wat met ’n gedurige “Hoekom?” die snaaksighede om ons probeer verstaan. Deur die perspektief van ’n kind laat die bekende en gewilde Babette Cole ons weer opnuut wonder oor “alledaagse” verskynsels. Die lewe se koddighede, vreemdhede, onverstaanbaarhede en kopkrappers word uitstekend vasgevang in eenvoudige vrae soos “Waarvoor is my naeltjie daar?” en “Hoe lyk die tandmuis nou eintlik?”. Natuurlik is Babette Cole vir haar aweregse streep en jy kan nie help om te giggel vir vrae soos “Hoekom sluit mamma en pappa my uit hulle slaapkamer?” nie! Dit is egter die manier waarop Cole ernstiger kwessies met deernis aanpak met vrae soos “Hoe kan jy iemand haat maar ook liefhê?” wat ’n mens laat besef hierdie boek is ’n juweel. Nie net is hierdie boek ideaal om saam met ’n kind te lees en te geniet nie, dit is ook die tipe boek wat op elke boekrak moet staan.

Publikasie: 2003-10-22
0
Would love your thoughts, please comment.x