s_oondvars_150
977

Meerkatrestaurant en ander diererympies

Elizabeth Wasserman
Jiggs Snaddon-Wood
LAPA

Jy is genooi vir ete, maar ek wonder of jy weet dat meerkatte daarvoor bekend is dat hulle snaakse goeters eet. Daar is koringkriek en erdwurm op gemaalde skerpioen, of dalk verkies jy kakkerlak met n knertsie suurlemoen? Wat gebeur as ’n renoster ballet neem? Wat is die vlakvark-familie se adres? En wat leer die kinders by Aap se skool? Vind uit in hierdie boek vol prettige diererympies …
Luiperd

`n Luiperd is in werklikheid
nie regtig vreeslik lui nie,
en hy`s beslis nie die soort perd
waarop jy graag wil ry nie.

Publikasie: 2009-05-01
0
Would love your thoughts, please comment.x