Die storie wat afspeel in 1960 in Parys, wentel om Momo, ’n seun wat alleen saam met sy pa in die besige Rue Bleu-distrik woon. Gebroke oor die skeiding van sy vrou en ander seun, verwaarloos Momo se pa sy seun tot die punt waar die tiener die meeste van sy tyd alleen en geisoleerd deurbring. Hy vind ’n onwaarskynlike bondgenoot in monsieur Ibrahim, ’n Moslem winkelier wat die meeste van sy dae spandeer agter die toonbank van sy winkel.