My boetie dra sy Batman-pak oral waar hy gaan. Hy dra dit by die dieretuin en op die ysskaatsbaan. Hy dra dit as ons TV kyk, hy dra dit as ons braai. Wat dra hy skool toe? Ja, jy’t reg geraai! Saans as hy gaan slaap, dra hy dit in die bed. (Ek dink hy dra dit dalk selfs op die toilet!) Wat is erger as om jou ouma se toonnaels te knip? Is krokodille vir enige iets bang? En hoe lyk ’n gewone dag by ’n skool vir seerowers? Maak jou sitplekgordel vas vir nog ’n bundel propvol prettige, pittige en plesierige kinderverse uit die pen van Jaco Jacobs.