s_oondvars_150
Nova die begin

Nova: die begin

Fanie Viljoen
LAPA

Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand sien? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoë heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het? Voor hy sy oë uitvee, word Lucas en sy vriende deel van ’n wilde avontuurrit vol tergende en gevaarlike raaisels. Hierdie is die eerste in ’n nuwe wetenskapfiksie-reeks wat aanhangers sal laat smeek vir meer.

Publikasie: 2010-08-03
0
Would love your thoughts, please comment.x