Tydens die skoolvakansie het Saartjie-hulle baie pret. Hulle gaan “dêps” ingevoerde turksvye by ’n kwaai oom; Saartjie stel vir haar boetie ’n valstrik in hul sitkamer; sy maak kennis met ’n sirkusleeu wat uit sy hok ontsnap en oorweeg dit selfs om ’n non te word.