Daar gebeur nooit iets opwindends met wurms nie. Hulle kruip maar meestal op die grond rond op soek na iets om te eet. Of hulle seil teen `n boomstam op om aan vars blare te kou. Wanneer twee wurms mekaar toevallig raakseil, praat hulle ook maar min. Die een sal dalk vra: “Wat doen jy vandag?” En die ander een sal antwoord: “Niks, en jy?” “Niks.” En dit is ook so. Niks gebeur ooit met wurms nie. Maar daar is altyd `n uitsondering…
Fanie Viljoen debuteer met hierdie prettige kinderboek en hy was ook verantwoordelik vir die pragtige volkleur illustrasies.