Die dag van die afrigtingskamp het uiteindelik aangebreek! `n Hele langnaweek lank gaan Anri, Megan en Karen doen wat hulle die heel graagste doen – tyd in die buitelug deurbring saam met die perde. Boonop gaan hulle deur `n bekende Olimpiese ruiter afgerig word.Maar een van die ruiters in Anri-hulle se groep is `n regte waaghals wat daarvan hou om die reëls te verbreek. Sal Anri-hulle kan keer dat sy in groot moeilikheid beland en haar toekoms as kampioen-ruiter verwoes?