Sy naam is Toko. Dit beteken klei. Hy is pas deur sy stiefpa, hoofman Jeroba, aangewys om die jong leeus te gaan roep. Die jong leeus wat as volwaardige manne sal terugkeer, hulle hare afgeskeer. En saam met hulle hare bly alles wat hulle verkeerd gedoen het op die berg agter. Ook dit wat vannag daar bo in die berg gebeur. Tot mre geld daar geen wette vir hulle nie. Hulle kan doen net wat hulle wil. Niemand sal ooit daaroor praat nie – net soos almal swyg oor die verskriklike ding wat die vorige jaar op die berg gebeur het … Die jong leeus se tromslae dreun al hoe uitdagender. En saam met hulle op die berg is Toko se hatige halfbroer, Sjal, die luiperd. Sjal wat glo sy pa het hom so genoem omdat die luiperd bedoel is om spore in die klei te trap. Diep spore. Dodelike spore …