Rehab for the dead and lonely

Monoloog – Hoërskool
Annemarie Botes
Twee hegte vriende het saam dwelms gebruik. Die seun is dood en die vriendin besoek sy graf.
Ouderdomsgroep: Graad 10-12/ oop kategorie
Karakter: Speel af in begraafplaas. Stoele/bokse kan gebruik word vir grafstene. Twee hegte vriende (vriend en vriendin) het saam dwelms gebruik. Die seun is dood en die vriendin besoek sy graf. Sy onthou alles waarteen hy haar gewaarsku het en al hul lekker tye saam. Sy is in ‘n gedagte worsteling om te probeer verstaan hoe dit kan gebeur dat hy dood is aan ‘n oordosis van dwelms. Hy het haar tog gewaarsku om dit nie te ver te vat nie. Die twee vriende is baie liberaal en uitgesproke, en ook baie filosofies. Gepaste denkposes en karakterisering moet ingeruim word.

Rehab for the dead and lonely

Meisie kom binne, soek na die graf. Gaan staan stil by een graf. Kleredrag is “New Age”, avontuurlustig, informeel en gemaklik.

(Streel oor grafsteen. Gaan sit langs dit en staar eers ‘n rukkie die verte in.)
Wow, bru… Remember all those wonderful times we had together?

The first time we met? (lag saggies met deernis) Jy was so gerook! Ek’t gedink jy was mal maar terselfdertyd was ek- so fascinated!

(Kyk af)
I never thought I’d take drugs with you… You were so kind to me. You knew, didn’t you? I didn’t like drugs… You never tried to convince me to take drugs-you only were my friend…

Souti, no man! How could you? You warned me to go easy! (Vee traan af)
Kyk waar sit ek nou! Dit was nie suppose om te gebeur nie!

As iemand moes doodgaan, dan was dit ek! Jy het selfs vir my ge-‘cover’ met die bust! Dis hoe ek geweet het-ye, that’s how I knew you were my friend…

Mense verstaan nie. As mens eers saam gerook het dan deel mens iets specials… Dis so anders! Total trust.

(Staan op en loop stadig heen en weer voor die graf.)

Ek onthou toe jy terug gekom het van Engeland af – jy’t so goed gelyk. Toe jy sê jy’s weer Christen – ek het gedink dis verby – al die goeie tye. Ek was bang, so bang. Toe strike die reality my, dis wat ek nog die hele tyd van weghol. Drugs is bad vir my, dit neuk my op! Dit neuk almal op! (Lag sarkasties) Ek het gedink dit sou soos altyd wees – jy weet, druggies wat altyd sê hulle wil ophou en nooit doen nie… 
(Sit weer)

Ek wou dit terug hê, die excitement van skyf-rol, die wild goose-chase om goeie Swazi te kry en dit sonder dat die cops jou vang! Die eerste trek en dan daardie gevoel van alles wat sweef… Die oorwinnende gevoel as jy veilig terug is by die koshuis. Die adrenaline rush. Die verskriklike gesoek na kos vir die munchies-die funny mengsels net om die honger te stil…

Ek was tog bly vir jou. Wou jou net nie sê nie… Toe het ek nog gedink dis cool om te rook, dat dit enigste uitweg is…

(Staan stadig op)
Ek wou net ophou rook man, het gedink ons kan dalk saam die ding conquere…

Maar wat maak jy? Gaan staan en drink E’s(Ecstacy) dat dit by jou ore uitkom! (Stilte)

(Begin huil, stamp voet op grond)
Hoe kon jy? Ek wou so graag ophou! Wie gaan my nou help? Niemand verstaan nie man! Niemand nie… Net jy…

(Draai stadig om en loop van die verhoog. Skouers hangend.)

Annemarie Botes
Die tekste is geskryf deur Skryfkunsstudente aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).
2002-12-01
Kopiereg Annemarie Botes

As jy dié stuk wil opvoer, stuur ‘n versoek aan kollig@storiewerf.co.za
met jou naam, ouderdom, die titel, en waarvoor jy dit wil gebruik.

0
Would love your thoughts, please comment.x