Die Boekprinses (1996), Joubert se eerste kinderboek, is ‘n moderne sprokie waarin Siemoeraaia en haar seunsmaat, Tinnik, allerlei opwindende avonture beleef. ‘n Pers arend met likkewaanpote verskyn op ‘n dag op die speelgrond en ontbied die twee kinders na Lowerdal, die koninkryk van Prinses Sonduin. Lowerdal is in die mag van die bose prinses Spinnenag en die enigste manier om dit te verbreek, is om die tande van Prinses Sonduin se goue kam op te spoor. Saam trotseer die twee kinders buitengewone gevare om die koninkryk te red en ontmoet hulle in die proses ‘n verskeidenheid wonderbaarlike en bekoorlike wesens.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
- Die boekprinses (1996)