Eleanor Baker

Eleanor Baker is bekend veral vir haar romans, maar skryf ook draaiboeke en jeugverhale. Haar werk getuig van 'n sensitiewe waarneming van menslike verhoudings.

Eleanor Elizabeth Baker is gebore op 21 Augustus 1944. Sy behaal haar meestersgraad in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria cum laude. Sy gee aanvanklik onderwys, maar skryf later voltyds. Weens haar man se beroep, bring sy en haar gesin lang periodes oorsee deur, o.a. in België, Nederland en Kanada. Hulle het twee kinders.

Baker debuteer in 1972 met Wêreld sonder einde en sedertdien het daar verskeie romans uit haar pen verskyn, waaronder Die nes (1995), Verbeelde werklikheid (1996) en Weerkaatsings (1984). Laasgenoemde is in vyf tale vertaal.

Die roman bly Baker se gunsteling genre, maar sy waag ook haar hand aan ander genres waaronder draaiboeke en jeugboeke. Sy ontvang die Scheepersprys vir jeuglektuur vir Daar is spore op die maan (1991).

PUBLIKASIES SLUIT IN:

  • ‘n Bootjie oor die see (1982)
  • Die Nels van Groenewoud (1983)
  • Daar is spore op die maan (1991)

Scheepersprys vir jeuglektuur vir Daar is spore op die maan (1991)

Skrywersinligting uit Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: ‘n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek. Die redakteurs is Gretel Wybenga en Maritha Snyman. LAPA-Uitgewers. Vollediger inligting is beskikbaar in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom.
Storiewerf
2009-06
0
Would love your thoughts, please comment.x