Licia Erasmus

Licia Erasmus

Licia Erasmus is die skrywer van die balletklasreeks en neem ook self balletklasse. Soos baie ander skrywers het sy op laerskool al begin skryf - meestal uitskryfwerk.

Licia Erasmus woon op ‘n piepklein dorpie wat wêreldbekend is vir rooibos – Clanwilliam.

‘n Groot geheim is dat hul hond, Blixen, haar help skryf. Wel, oukei, eintlik lê Blixen net haar voete warm terwyl sy skryf, maar iemand moet dit doen…

Soos baie ander skrywers het sy ook op laerskool al begin skryf – meesal uitskryfwerk!

As sy nie skryf nie, neem sy balletklasse by die Aletta Szente Balletskool.

Sy hou ook van draf, skilder, boekklubaande en kreef eet.
Haar grootste vrees is dat sy nie in haar lewe al die boeke gelees gaan kry wat sy nog so graag wil lees nie.

Publikasies

2007 – Balletklas: Towerskoene (Lapa)

2007 – Balletklas: Dansmaats (Lapa)

Behalwe vir die Balletklas-reeks het sy ook Têkkel hom!, Paaltjies spat!, Die Teaterspook, Die Lugkar en Jinx, Dubbel Jinx by Heinemann Uitgewers uitgegee en Die Krokkitor geskryf.

Inligting verskaf deur Licia Erasmus, Mei 2008.
Licia Erasmus
2008-06
0
Would love your thoughts, please comment.x