Piet Grobler is gebore in Nylstroom, Limpopo-provinsie in 1959.
Studie & loopbaan: BA en BD(Teologie); Universiteit van Pretoria (1984), Hons. B Joernalistiek; Universiteit van Stellenbosch (1990)
N6 Grafiese Ontwerp; Kaapstadse Tegniese Kollege (1993) MA Beeldende Kuns (cum laude); Universiteit van Stellenbosch (2004).
Hy was vir 5 jaar predikant in die Nederduitsch Hervormde Kerk en vir 5 jaar grafiese ontwerper en grafiese redakteur by Sanlam se reklame- en publikasie-afdeling. Werk sedert 1996 as vryskut illustreerder en -kunstenaar. Tans is hy deeltydse dosent in illustrasie aan die Cape Peninsula University of Technology. Piet besit ’n studio galery vir narratiewe kuns (Hoi Hannelore! en ander verhale) in Stellenbosch.
Hy het ongeveer 60 boeke (opvoedkundige boeke, prenteboeke en ook volwasse literatuur) geïllustreer. Byvoorbeeld:
- Moenie ’n mielie kielie nie, Karnaval van die diere, Kat se blad, Beware of the canary (Philip de Vos)
- Aan tafel met Nettie Pikeur
- Ouma Hester-reeks (Janie Oosthuysen)
- Olinosters op die dak (Marita vd Vyver)
- Sannie Langtand (Alex D’Angelo)
- Kwinksinnig (Johan Combrinck)
- Rampe in die ruigte (Hennie Aucamp)
- Liewe Heksie (Verna Vels)
- Dr MeDiSyn en die keiser se seun (Roberto Piumini)
- Meisie my muisie (Lida Dijkstra)
- Die Spree met Foete (Annie M. G. Schmidt)
- Net één slukkie, Padda! (Piet Grobler)
- Accidente Celeste (Jorge Lujan)
- Oh, the colours! (Jorge Lujan)
- Fussy Freya (Katherine Quarmby)
Tentoonstellings van werk
Piet reeds verskeie kunsuitstallings in Suid-Afrika gehou bv (eenpersoonstentoonstellings) by die Universiteit van Stellenbosch, Universiteit van Bloemfontein, die Klein Karoo Nasionale kunstefees (feeskunstenaar in 2001), Kunsthal-Rotterdam in Nederland, Stellenbosch (Dorpstraatgalery) en Pretoria (Tina Skukan) en groepsuitstallings in galerye in Kaapstad, Bellville, Stellenbsoch, Pretoria, KKNK.
Kinderboekillustrasies is ingesluit in tentoonstellings in Italië, Japan, Engeland, Oostenryk, Slowakye en Portugal.
Toekennings nasionaal:
- Tienie Holoway-medalje van die Suid-Afrikaanse akademie vir Wetenskap en kuns, 1997 (vir Olinosters op die dak deur Marita vd Vyver)
- Tweede plek: Mondi-toekennings 1997, saam met Philip de Vos vir gesamentlike strokiesprent in De Kat
- IBBY-erelys 2002: Dr MeDiSyn en die keiser se seun deur Roberto Piumini en 2006 vir Makwelane en die krokodil deur Maria Hendricks
- Vivian Wilkes Award 2003 (van die South African Children’s book forum) vir Net een slukkie Padda (Piet Grobler)
- ATKV-toekenning (2003) vir Net een slukkie, Padda
- M.E.R toekenning (2006) vir Mia se Ma (Marita vd Vyver)
- Feeskunstenaar van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2001
Toekennings iInternasionaal:
- Silwer medalje: Noma Concours, Japan 1997 vir Hier is ek(Ann Walton) en in 2003 Vir Sun Canary, Moon Canary deur Piet Grobler (ongepubliseer)
- Brons medalje: TIBI, Iran (1999) vir Karnaval van die Diere (Philip de Vos)
- Octogone de Chêne, Frankryk (1999) vir Karnaval van die Diere (Philip de Vos)
- Primo Alpi Apuane, Italië (2000) vir Karnaval van die Diere
- Bronsmedalje 2003: Internasionale Biennale vir Illustrasie, Bratislava, Slowakye vir Net één slukkie, Padda! en die Spree met Foete
- Neem deel aan ’n slypskool van die Biennale vir Illustrasie, Bratislava in Slowakye in 1999
- Ontvang ’n stipendiaat van die Internasionale Jeugbiblioteek, München vir navorsing in 2001
- Gekies tot die beoordelaarspaneel van die 2006 NOMA Concours (UNESCO), internasionale biennale vir prenteboekillustrasie in Tokyo, Japan.
Slypskole en referate
- Het slypskole in illustrasiewerk gehou vir skoolkinders by die KKNK te Oudtshoorn, Universiteit van Stellenbosch en by die Internasionale Jeugbiblioteek in München, Duitsland.
- Aanbiedings gelewer by die internasionale IBBY konferensie in Kaapstad (2004) en by die African Research Society for Children’s Literature se konferensie te Gaberone, Botswana (2002).
Werk opgeneem in die volgende versamelings
- Nasionale Pers
- Rand Aksep Bank
- BIB (Biennale for Illustration, Bratislava) -versameling, Slowakye
- Universiteit van Stellenbosch-versameling
- Klein Karoo Nasionale Kunstefees-versameling
- Nelson Mandela Metropolitan Art Museum, Port Elizabeth