A.J.J. Visser is op 31 Mei 1925 in die Karoo, op Laingsburg, gebore. Hy studeer op Stellenbosch en hou 15 jaar skool in die Boland. Vanaf 1964 was hy verbonde aan tersiêre onderwysinrigtings tot hy in 1976 inspekteur van Onderwys (Departement van Nasionale Opvoeding) word. In 1980 word hy as adjunk-direkteur van die Departement Nasionale Opvoeding na Suidwes-Afrika gesekondeer. Hy is voorsitter van die keurraad by die Departement Onderwys en Kultuur in Pretoria tot aftrede in 1985. Hy woon tans in Pretoria.
Publikasies:
Die volgende bundels poësie van hom verskyn:
- Kaleidoskoop (1957)
- Labarint (1960)
- Lig en donker (1966)
Kinderverse:
- Stories klein en versies fyn (1966)
- So klink Afrikaans, ‘n bloemlesing (1967)
- Hier kiep-kiep en hiep-hiep daar (1981)
- Die harlekyn verskyn (1983)
Digwerk is opgeneem in ‘n 20-tal bloemlesings, waar onder:
- Die Afrikaanse poësie in ‘n duisend en enkele gedigte (G.Komrij)
- Groot Verseboek (D.J. Opperman)
- Nuwe kleuterverseboek (D.J. Opperman)
Het ek my verbeel
of hoor ek ‘n orkes
wat deur die strate speel?
(Die sirkus uit D.J. Opperman se Nuwe Kleuterverseboek.)