Cliffordene Norton

Cliffordene Norton

Cliffordene is ’n trotse kaalvoetkind van Barkly-Wes in die Noord-Kaap. Sy hou van lees en speelse sarkasme op die regte tyd en is verslaaf aan springmielies en cinnamon buns! Haar debuutjeugroman, "Om jou te ken", het in 2022 verskyn

Cliffordene is ’n trotse kaalvoetkind van Barkly-Wes in die Noord-Kaap. Sy het haar BA Honneurs-graad in joernalistiek aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom voltooi en haar loopbaan by Volksblad as vertaler begin. Sy was ook al ’n uitgewer en joernalis en is tans werksaam by die Noordwes-Universiteit as kopieskrywer in die bemakingsafdeling. Sy hou van lees en speelse sarkasme op die regte tyd en is verslaaf aan springmielies en cinnamon buns! Daar het reeds meer as twinting kortverhale uit haar pen verskyn.  

Haar debuutroman, Om jou te ken, is in 2022 deur Pan Macmillan South Africa Children’s Books gepubliseer.

Cliffordene is ook een van die skrywers in die kortverhaalbundel vir tieners, Die meisie met die uitroeptekens in haar oë.

Inligting verskaf deur Cliffordene Norton, Februarie 2022.
Februarie 2022