Hoekom grou vark altyd?

Hoekom grou die vark altyd?

Hester Dipuo Marema (16)
Hester Dipuo Marema vertel die storie waarom die vark altyd grou.

Daar was hongersnood en toe het mnr. Vark vir mnr. Skilpad gevra dat hulle lande ploeg vir hulle families. Hulle het ‘n dag gesê wanneer hulle gaan begin met die werk.
Die dag het toe gekom. Dan het mnr. Vark allenig gaan begin ploeg. En hy het vir ‘n week alleen gewerk. Dan het mnr. Skilpad met ‘n verskoning gekom dat sy hele gesin lê in die bed en hy kon nie hulle allenig gelos het nie. Toe sê mnr. Vark vir hom die stuk grond wat hy geploeg het, is genoeg vir twee gesinne. Dan kan hulle begin plant en nat maak. Hulle het besluit om die volgende dag te begin plant. Dan het mnr. Skilpad weer nie opgedaag nie. Toe het mnr. Vark se hele gesin gaan plant.
Na twee weke het mnr. Skilpad aangekom en gesê hy het ‘n seer rug. Mnr. Vark was baie kwaad. Toe besluit hy mnr. Skilpad gaan nie meer kos verniet kry nie, hy sal moet koop. Mnr. Skilpad het kos op skuld gekoop en toe wil hy nie betaal nie.
Mnr. Vark het besluit om sy geld te gaan kry, toe was mnr. Skilpad nie daar nie. Die vrou was besig om mielies op ‘n maalklip te maal. Dan het mnr. Vark die maalklip buite gegooi. Die maalklip was mnr. Skilpad. Hy het toe opgestaan en in die huis in gekom.
 Mnr. Vark het die “maalklip” gesoek want daar was ‘n beursie daarin. Dis hoekom die vark moet grawe om die beursie te kry.

Hester Dipuo Marema (16)
Skrywer/verteller: Hester Dipuo Marema (16) Huistaal Tsonga. Soshanguve South. Hoërskool Pretoria-Noord
Kopiereg: Storiewerf
0
Would love your thoughts, please comment.x