Nova 3: Bloedbroers

Nova 3: Bloedbroers

Fanie Viljoen
LAPA

 “Sal jý ‘n meisie met ‘n koorsblaar oopmond soen, Lucas?” vra Duart en trek sy gesig.
“Natuurlik nie, jou nar!” roep Lucas en gooi ‘n hand vol springmielies na Duart.
“Wat dit nou nodig hè?” vra Duart gemaak ernstig.
“Ja! Vir so ‘n stupid vraag was dit nou nodig!” terg Lucas terug.
O, jy vra daarvoor!” Duart druk sy hand in die bak springmielies. Dit kraak onder sy vuis. Toe gooi hy.
“Mis!” skree Lucas en duik agter die sitkamerbank in. Toe lanseer hy sy tweede springmieliebom. “Incoming!” skree hy.
“My ouma kan beter mik!” Duart koes, maar arme Brandon wat agter hom sit, is te laat. Die springmielies tref hom reg in die gesig.
“Hei, time out!” sê Brendon en vee die klewerige sout uit sy ooghoeke weg. “Jy weet, julle twee darem. Hier nooi ek julle na ‘n lekker boy’s night om te vergeet van al die tjol waardeur ons is, en julle baklei.”

lusmakers
0
Would love your thoughts, please comment.x