Op sestien kort mens nog jou ouers se toestemming vir alles. Maar nie Charlie Koekemoer nie. Sy is van kleins af geleer om selfstandig te wees. Op drie kon sy brood smeer, op vyf hotdogs in die microwave maak … En nou, in Graad Elf, behandel haar advokaat-ma en -pa haar soos `n jong dame van twintig. Hulle is amper nooit by die huis nie. En omdat hulle skuldig voel oor sy so baie alleen is, mag sy kom en gaan soos sy wil, probeer hulle haar paai met duur geskenke. Sy is `n mall rat wat net designer labels dra, ry `n Triumph Spitfire met `n bottelgroen afslaandak, rook met styl, kuier laatnag tot ligdag in hip-hop clubs, lewe roekeloos en met passion … Totdat Mavis op `n dag onwetend `n dig bewaarde geheim verklap, en die aarde eensklaps gaan staan… In `n enkele week verander Charlie se lewe onherroeplik. Niks is meer soos dit was nie.
BEKRONINGS:
M.E.R.-prys vir jeuglektuur 2003.