s_oondvars_150
1581

Danda op oudeur

Chris Barnard
Tafelberg

Verwerk deur die skrywer en heruitgegee met nuwe omslag. Danda bevind hom nou by sy pa op die seedorp Oudeur. Hier beleef hy ’n opwindende avontuur, waarin sy pa verdink word van moord, en waarin swendelaars en smokkelaars ontmasker word. Weer eens is die ou deugniet Sarel Vetvoet en Danda se versameling troeteldiere teenwoordig. ’n Bymotief is die van die verdere ontwikkeling van Danda se vriendskap met Rosina, die Portugese meisie wie se pa Danda in die eerste boek gehelp het, en Sara, die vrou met wie sy pa ’n verhouding het. (Uit Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: ’n gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek).

Publikasie: 2013-11-05
0
Would love your thoughts, please comment.x