Buskruit, Brom en Breker Botha is boosaardige lummels – manlik, moeilik en moorddadig. En hulle is oortuig daars iets fout met hulle jongste broer, Bulelani, want hys glads te maer en skraal van al die vars vrugte en groente wat hy eet. Hy lees te veel boeke, en al waarmee hy ooit `n dier sal skiet, is met n kamera. Bulelani is klein, maar as jy nie sterk is nie, moet jy slim wees. In die dorpsbiblioteek doen hy ure lank navorsing en so begin sy wraakplanne vorm aanneem . . . Maar skaars is sy probleme by die huis iets van die verlede, of die boelies by die skool raak vir hom een te veel. Wie is daar beter as drie boosaardige broers aan jou kant?