Het jy geweet dat strokiesboeke en gebruikte papier herwin kan word om boeke te maak? Hierdie pragtige boek oor tiere is van herwinde materiaal gemaak! Hierdie boek verduidelik die lewensiklus van die tier EN die strokiesboek. Jy sal verstommende dinge uitvind. Tiere word bedreig. Hul tuiste is in gevaar weens menslike aktiwiteite. Herwinning help om ons impak op die omgewing en alle lewende wesens te verminder. Dink net hoeveel keer is hierdie papier al gebruik – as dit kon praat, sou dit ’n fantastiese storie kon vertel! Hierdie opwindende boek is propvol inligting met kleurvolle illustrasies en pragtige foto’s. DIE REEKS 1. Eers was ek ’n strokiesboek … maar nou’s ek ’n boek oor tiere! 2. Eers was ek ’n kartonboks … maar nou`s ek ’n boek oor ysbere!