Lisa-hulle het ’n KRISIS! Haar boetie, Wessel, het homself in die badkamer toegesluit en niemand kan hom uitkry nie – nie eers die brandweer nie! Lisa is seker dat sy kan help, maar almal maak haar die heeltyd stil. Hoe gaan sy die grootmense ooit oortuig om haar ’n kans te gee? ’n Heerlike, humoristiese verhaal uit die pen van een van ons mees geliefde Afrikaanse kinderboekskrywers, Martie Preller – ’n voormalige wenner van beide die Sanlamprys vir jeuglektuur en die Alba Bouwerprys vir kinderlektuur.