s_oondvars_150
1385

Nova: Bloedbroers

Fanie Viljoen
LAPA

Terwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: ’n misterieuse bol lig, so groot soos ’n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; ’n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer ’n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in ’n ondergrondse bunker.Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom ’n geheim… Dit keer sy hele wêreld om en hy kan nie help om anders na homself en sy vriende te kyk nie. Wanneer Duart uitvind van die geheim, kom daar ’n breuk in sy en Lucas se vriendskap. Wanneer hulle toegesluit word in ’n klein, leë stoorkamer binne die Hok, breek daar selfs ’n rowwe stoeigeveg uit tussen die twee.

Publikasie: 2013-03-01
0
Would love your thoughts, please comment.x