Wat vir Victor as net nog `n vervelige wintervakansie in die kinderhuis begin, raak `n nagmerrie toe hy van aangesig tot aangesig kom met die vreemde vrou wat onder in die straat woon. Juffrou Ia de Goede se hande staan vir niks verkeerd nie en vir die meeste inwoners beteken dit daar`s altyd genoeg van haar lekker melkterte en ander gebak. Maar Victor vind gou uit wat daardie hande nog kan doen en hy en sy twee vriende, Jenny en Fluitjie, sal moet keer vir die vale … Dit is `n lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Wat ouer, trae lesers ook sal geniet.