Jac J Brits matrikuleer in 1949 aan die Hoërskool Sentraal, Beaufort-Wes. In Januarie 1958 gaan hy oorsee waar hy vyf jaar in Londen woonagtig is en gedurende vakansies en naweke Europa verken. Na sy terugkeer einde 1962 behaal hy ‘n BA graad in Wysbegeerte en Afrikaans-Nederlands by Unisa.
Hy skryf van sy elfde jaar af en het oor die jare alle genres van die skryfkuns beoefen, behalwe draaiboeke – wat volgende op sy lys is. Hy het veral werk op die gebied van die radiodrama gelewer.
Twee jeugboeke het by Human en Rousseau verskyn: Die ligblou kano en Die inbraak. ‘n Kortverhaal Nols se oorwinning is in die bundel Kleinbegin die Prosa opgeneem en vir baie jare vir skole voorgeskryf. Dit is trouens nog steeds op die lys van voorgeskrewe boeke. Hy was ook verantwoordelik vir die libretto van die kinderoperette, Rip van Winkle, in samewerking met die komponis, Walter Swanson.
Hy woon tans in Bellville, Kaapstad.
Publikasies
- Seun van vertroosting – drama – Voortrekkerpers
- Die Eiland – drama – Voortrekkerpers
- Bagasie sonder Bestemming – drama – Van Schaik
- Die Drie Weë – Eenbedrywe – Tafelberg
- Die Prisonier e.a. Eenbedrywe – Human en Rousseau
- ‘n Vreemdeling in ons Midde – roman – Human en Rousseau
- Die getuie – kortverhale – Human en Rousseau
Jeugboeke
- Die ligblou kano – Human en Rousseau
- Die Inbraak – Human en Rousseau
Bydraes in Bloemlesings
- Vriend van die keiser – Eenbedryf – Vyf nuwe eenbedrywe – Van Schaik
- Vakansie in Europa – Eenbedryf – Taalopknapping st 10 – Nasou
- Korrespondent – Eenbedryf – Drie-twee-een – Nasou
- As die Son ondergaan en Die Laaste Dae – Eenbedrywe – Die Reënboom – Tafelberg
- Hoof van sy Huis en Simson van die Hebreërs – Eenbedrywe –Die Rooi Duiwel se as e.a. Eenbedrywe – Voortrekkerpers
- Tussenspel – Eenbedryf – Fasette – Academica
- Vakansie in Europa – Eenbedryf – Kollig – Tafelberg
- Nols se oorwinning – Kortverhaal – Kleinbegin in die Prosa – De Jager/HAUM
- Die Brandwag en Die Sterrekyker – 2 kortverhale – Vuur (Verhale uit die Anglo Boereoorlog) – J.P. van der Walt, 1999.
Ander
- Rip van Winkle – Operette vir kinders (libretto) – Musiek: Walter Swanson – Dalro
- Drie liedere – lirieke – “Liefdeslied” Lied vir my meisiekind” en “Ontwaking” Musiek: Walter Swanson (Privaat gepubliseer deur komponis se weduwee)
- Ballad (Engels) – liriek – Musiek: Walter Swanson (Ongepubliseer)
- Radiovervolgverhale – 21
- Radiodramas – 49
- Talle kortverhale en gedigte in tydskrifte
- Engelse kortverhaal “The chiseller” op Internet
- Engelse gedig “Epitaph” aanvaar deur Poetry Institute of Africa vir opname (2001) in bloemlesing “Sincerely Yours”. Augustus 2001.
- Engelse gedig “Love song” aanvaar deur Poetry Institute of Africa vir opname (2002) in bloemlesing “Meandering Paths”.
- Afrikaanse gedig “Gebed” en Engelse gedig “Ballad” aanvaar deur Poetry Institute of Africa vir opname (2002)
Literêre pryse
- Die konsul – kortverhaal – beste bydrae, Tydskrif vir Letterkunde
- Die God en Duet vir drie stemme – eenbedrywe – Departement van Wetenskap en Kuns
- So onderdeur die maan – radiodrama – RSG/SANLAM derde prys – 2001
- Die roeping – radiodrama – Eerste Prys in die 2002 Radiodrama kompetisie van SANLAM/RSG.