Tania Brink

Tania Brink

Tania Brink skryf stroperige liefdesverhale vir tieners wat siek en sat is vir stroperige liefdesverhale. Haar gunsteling tydverdryf is om op maanligaande op die strand perd te ry.

Tania Brink is ‘n jong Bloemfonteinse skrywer. Soos die meeste meisies van haar ouderdom weier sy om oor haar ouderdom te praat, maar sy is jonger as Alanis Morissette en ouer as Britney Spears.

Sy is die dogter van twee baie normale ouers en die eienaar van ‘n baie abnormale hond. Op die oomblik bly sy in Bloemfontein, waar sy as joernalis werk. Van sy vyf jaar oud is, is haar grootste droom om stories te skryf. Liefde laat jou Rice Krispies anders proe is die eerste liefdesverhaal uit haar pen. Sy beskryf dit as “‘n stroperige liefdesverhaal vir tieners wat siek en sat is vir stroperige liefdesverhale.” Voorheen het sy ‘n paar grilboeke vir jong lesers onder ‘n skuilnaam gepubliseer.

Haar gunsteling tydverdryf is om op maanligaande op die strand perd te ry. Ongelukkig bly sy deesdae baie ver van die see af. Sy glo onverbiddelik in die krag van die liefde, die wonder van sonbrandolie, prinse op wit perde, Sondagmiddagslapies en feëtjies.

Inligting verskaf deur die skrywer, November 2002
Tania Brink
2002-11
0
Would love your thoughts, please comment.x