Vreemde dinge in die nag

Vreemde dinge in die nag

Stefan Olivier (10 jaar)

“Een laat nag,” begin Ben met sy storie. Hy glo natuurlik in alles wat hy hoor of sien.

“Ben, hoekom kry jy net nie goed soos spoke uit jou kop uit nie?” vra ons hom.

“Jy sal sien, as jy net luister.”

So ek en my vriende sit op die grond en begin luister.

“Niemand kon slaap, almal was bang vir hom, DIE GROEN BOSTROL!”

“Hoekom?” vra ek deur my slaap.(Ek was so moeg, dat ek sy antwoord nie eers gehoor het nie.)

Later daardie nag skrik ek wakker, iets was besig om ons aan te val! “Tom, Ben, Anton waar’s julle?” fluister ek skrikkerig.

“Ek dink ons is vas,” begin iemand wat baie soos Anton klink, fluister. Ek duik uit my slaapsak na Anton s’n toe. “Eina!” hoor ek net soos ek land.

“Weet jy dalk wat hier aangaan?” fluister hy vir my.

“Nee, en ek wil ook nie.” Net toe val ‘n groot skaduwee oor ons tent.

“Help!” hoor ons toe Ben en Tom vol slym omrol by die tent in.

“Ons was oppad toilet toe, …” Hulle kon nie klaar maak nie want ‘n boom het doef, op ‘n klein stuk van ons tent geland, wat die hele tent laat inval het. Gelukkig was ek die een naaste aan die uitgang. Buite hoor ek ‘n groot brul agter my rug, toe ek omkyk sien ek net hoe ‘n groot reus my vriende benader.

“Nee, moenie!” skreeu ek hardop. Die reus loer om en skielik moet ek so vinnig as moontlik wegkom.

“Kyk, ons moet vir Zander help!” gil die ander.

Vreemde dinge in die nag

Skielik terwyl ek hardloop, kom ek agter dat ek nie meer in my agterplaas is nie, maar in ‘n vreemde land vol monsters en baie goed wat net in storieboeke bestaan. Toe ek terugkyk om te sien of die reus nog agter my is, struikel ek en val, binne in ‘n groot diep gat! Ek’s so moeg dat ek nie eers opstaan toe ek ‘n brul agter my hoor nie.

“Moenie bekommerd wees nie!” skreeu die ander, “dis net ‘n brullende muis.”

“Kry my hier uit!” gil ek terug van die gat af.

“AAAAAAAAAAAHHHHHHHH!”


hoor ek toe hulle almal in een slag binne in die gat val.

“Ha! Ha! Ha!” lag die reus terwyl sy honde ons begin aanval. Toe kry ek die beste idee ooit.
“Kom ouens, vat ‘n klip en val aan!” bulder ek na die ander. Ons spring op en begin die reus aanval.
Maar hy is te sterk, hy spring in die gat in en fluit vir sy honde.

“Jy sal nie so maklik weg kom nie,” kraak ‘n snaakse stem naby ons. Ons kyk om en sien ‘n groot groen en slymerige heks met ‘n klein swart-en-wit kat, wat met haar geel lelike oë in joune in staar. “Jy dink hulle is joune?” glimlag die heks vir haar vyand, die reus. Na ‘n lang bakleiery neem die heks ons in een BOEM na haar grot toe.

Vreemde pot


“Maak skoon! Maak skoon!” kraak haar stem weer na ons toe. Haar grot het omtrent soos die volgende gelyk: In die een hoek was daar ‘n klein stoeltjie met ‘n tafel langs hom, ‘n rak vol buisies en botteltjies, ‘n yslike pot en lepel wat langs die deur gestaan het en laastens was daar nog ‘n kamer wat ons nie in mag gaan nie. Die nag het niemand geslaap nie. Terwyl ons skoon maak (glo my dit was sleg) het ons in paddas in verander… Skielik…

“Zander!, Zander! Word wakker!”

DIT WAS NET ‘N DROOM.

Stefan Olivier (10 jaar)
Kopiereg Stefan Olivier (10 jaar)
Illustreerder: Henrico Greyling
2003-11-01
0
Would love your thoughts, please comment.x