Ek pak my penneblikkie en poetry-papiere stadig terug in my tas terwyl die res van die kinders uit die klas loop. Miss Brown se woorde van so pas bly in my kop maal: “Kayla, can you stay behind for a few minutes? I want to talk to you.”
Wat op aarde wil sy vir my sê.
My gedagtes gryp terug na my Engelse werkopdrag van die afgelope tyd, My Othello-langvraag was miskien I bietjie kort, maar my opstel was goed. Daarvan in ek seker. Nou nie noodwendig uitstekend nie, maar beslis nie kom-ons-gesels-daaroor-sleg nie.
Sy staan by die deur met ‘n laaste vriendelike woord vi elkeen, I grys tjalie oor haar beblomde pers bloes gedrapeer en haar lang pers gypsy-romp wat sag tot op haar enkels val. Sy het altyd iets interessants aan.
“So, Kayla, ek is bly ons kan bietjie gesels…”
Ek verstar. Hoekom praat sy Afrikaans? Ongemaklik sak ek terug in my stoel. Daar het nog nooit in hierdie klas ‘n Afrikaanse woord oor haar lippe gekom waarvan ek weet nie.