Glam Divas: Didi

Glam Divas: Didi

Solet Scheeres
LAPA

“Ek kan nie glo die tweede kwartaal begin Dinsdag nie! Ek haat die tweede kwartaal!”
“Ag nee wat, Didi, nou oordryf jy,” sê Lienka.
“Die tweede kwartaal in so boring.” Ek maak asof ek nie vir Lienka gehoor het nie. “Al die nuutgeit is weg. Jy ken klaar al jou nuwe onnies en hulle probeer jou nie meer impress nie. Die nuwe kinders in nie meer so oulik soos wat jy gedink het nie en dis duidelikdat die hunk-potensiaal vir die jaar way below zero is. Waar gaan ek iemand kry vir die Meidans? Ek het nog twee weke tyd en dan is dit die groot aand. En nou is my selfoon ook nog stukkend!” Ek lê op Lienka se bed en probeer my selfoon met haar haardroër droogblaas. Die verskillende dele van my selfoon was, is netjies op haar kussing uitgestal.
“Didi, as jy simpatie wil hê, moet jy dit op ‘n ander plek gaan soek.” Lienka sit met haar ken op haar knie op die ander punt van die bed terwyl sy haar toonnaels ‘n diep seegroen verf.
“Tjommie, daai Cutex is horrible. Dit lyk asof jy ‘n natural born lid van die Addams Family is.” Ek skud my kop. Hoe gaan ek ooit die geheime van die ultimate Franse look in Lienka se kop kry as sy bereid is om met seegroen toonnaels deur die lewe te gaan?
“Jy weet net nie wat in is nie,” sê Lienka. “Ek gaan vanaand totally cool lyk met my groen tone.”

lusmakers
0
Would love your thoughts, please comment.x