Brigadier en die raaiselponie

Brigadier en die raaiselponie

Marga Jonker
Tafelberg

“Flippen rý net, Bio-pappie, step on it!” sis Alexandra se stem in Ben se rigting. “Ek gaan mal word as ek nog ‘n oomblik langer hier moet rondhag!”
Die Land Rover se deur klap toe en die logo MULTIMEDIA P teen die linkerkant van die voertuig word MULTIMEDIA PHOTOGRAPHY. 
“Gordel vas!” skree Christa van die stoep af waar sy onder Marius se arm staan. 
“Ja, ja, gordel vas,” beaam Ben. Hy loer oor sy skouer na Zahn, maar haar veiligheidsgordel is reeds vas. 
Die Land Rover trek vinnig weg, die perdesleepwa steunend agterna.
“Ag, ek hoop tog net Marius skink gou vir haar iets vir haar senuwees.” Alexandra se stem klim ‘n oktaaf. 
“Hy sal darem seker. Hy lyk seker net so skaperig?” sê-vra Ben. 
Zahn kyk terug na die kleinerwordende prentjie agter die Land Rover. Marius staan met sy arm styf om haar ma se lyf terwyl dié dapper vir hulle waai.

lusmakers
0
Would love your thoughts, please comment.x