Pandora se boks

Nelia Engelbrecht
Tafelberg

“Dit gaan ‘n wonderlike jaar wees,” sê my pa met sy skoolhoofseun.
Sure. Ek meen, wat kan nou beter wees om jou matriekjaar weg van al jou vriende af begin in ‘n one horse town aan die anderkant van die aarde?
Maar nou ja, ek is aanpasbaar. Adapt or die; dit het ek verlede jaar agtergekom.
Ek kyk na my pa langs my in die kar. Al sal dit nou nie hardop sê nie, lyk hy nie bad vir ‘n middeljarige man nie. Hy het darem nie ‘n bierboep soos die res van die manlike bevolking bo veertig nie.
“Hoërskool Boskloof is een van die voorste plattelandse skole in in die land,” sing hy sy lofsang verder. Ek vryf my nek. My skoolhemp se kraag krap my. Nuwe skoolhemp, romp, kouse, skoene, alles. Ek kyk na my voete. Ek hoop my pa het gesien hoe blink my skoene. Dit is verseker die laaste dag wat hy sulke blink skoene langs hom in die kar gaan sien.”
Hy het ‘n issue oor skoolskoene. Verlede jaar toe hy adjunkhoof in die stad was, was die kinders gereeld in die moeilikheid oor vuil skoene. Totally ridiculous.

lusmakers