Thomas@rock-ster.net

Thomas@rock-ster.net

Carina Diedericks-Hugo
LAPA

Ek hou van duik op my eie!
In my cool swart duikpak! 
Want ek hou nie van preie! 
Julle almal is ‘n lamsak! 

Thomas kreun en sit versigtig sy nuwe selfoon langs hom op die bed neer. Hy frons en druk sy ore toe. 

“Flippen hel, jou loser! Wat doen jy?”

 Hannes lyk asof iemand hom uit ‘n diepe slaap wakker gemaak het. Hy skud sy kop ‘n paar keer en kyk vies na Thomas. 

 “Uhm, hallo! Ek’s besig met my rock song. Kan jy nie sien nie? Dis eintlik Karen Zoid se Kaapstad, maar ek het my eie lirieke geskryf. Ek dink dis cooler.” 

 “Sal jy ophou? Jy’s irriterender as Hannah Montana!” Thomas kyk vies na Hannes. Sedert Hannes sy been gebreek het tydens die rugbytoer in Namibië, maak hy almal mal. Hy kan nie vir tien sekondes stilsit nie. Hannes kyk verbaas na Thomas. Sy kruk is halfpad in die lug – op pad om weer teen die kasdeur in sy kamer te kap. 

 “Watsit nou? Dis ‘n vry land. Ek kan doen wat ek wil!” stry Hannes en beduie woes met die kruk. 

 “Ja sure! Jy slaat die hele flippen tyd met jou kruk teen die kas en jy maak onaardse geluide! Jy gaan my nuts maak!” Thomas staan op en trek sy vingers deur sy donker hare. 

 “Thanks, jy’s ‘n fantastiese pel, my blaar,” mor Hannes en sukkel regop. “Ek het net een been omdat ek dit moes opoffer toe ons die dinamietsmokkelaars in Kolmanskop gevang het. Nou’s ek die een wat nie kan loop nie, ek kan nie rugby speel nie en weet jy hoe mal is chicks oor ‘n ou op krukke? Soos in glad nie, my blaar. Glad nie!” 

 “Dis nou nie asof hulle tougestaan het vuur jy jou been gebreek het nie,” mompel Thomas en tel weer sy selfoon op.

 Hannes trek ‘n skewe gesig. 

 “Whatever. Maar ek’s bly ek het my been gebreek, want anders sou ek nooit besef het dat ek soos in ernstige talent het nie.” 

 “Watse talent?

lusmakers