Thomas @ vrees.net

Thomas @ vrees.net

Thomas @ vrees.net
LAPA

“Dit suig mielies!” Thomas plof op die rusbank neer.
“En nou?” Thomas se pa kyk verbaas op van die tydskrif wat hy besig was om te lees. 
“Drie toetse! Drie! Op een dag! Dink die onderwysers ons is masjiene?” Thomas trek sy vingers deur sy donker hare. Soos hy nou voel, los hy sommer skool en gaan sny Nuweland se gras. Nuweland se Grassnyer.  Klink beter as Doodgewerkte Skooldude.
Thomas se pa glimlag. “Begin van voor af. Ek het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie Tom.”
Thomas sug. Hoe verduideik mens vir jou ouers dat dit vrek stresvol is om in die hoërskool te wees? Jy moet elke dag vroeg opstaan om vir ure en ure by die skool te sit, te luister na vervelige goed, pouses te keer dat jy jou naam met ‘n plank slaan, die hele middag rond te hol by rugby- of atletiekoefening, en in die aand kan jy nie eers TV kyk nie, want daar wag ‘n berg huiswerk vir jou. Skool is nie vir piesangs nie.

lusmakers
0
Would love your thoughts, please comment.x