Wen R10 000 in Storiewerf se skryfkompetisie!
Sluitingsdatum verleng tot 15 Julie 2021.
Storiewerf, die webtuiste vir kinder- en jeugboeke en jong skryftalent, is vanjaar 21 jaar oud. As deel van die feesvierings word ʼn Storiewerfskryfkompetisie in samewerking met die Vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit en die FAK aangebied.
- Deelnemers kan onder die volgende ouderdomskategorieë inskryf:
- Laerskole
- Hoërskole
- Volwassenes
- Die prysgeld word geborg deur die FAK. Die prysgeld per ouderdomskategorie is as volg:
- Eerste prys: R2000
- Tweede prys: R800
- Derde prys: R500
- Hoe om in te skryf:
- Kuier op Storiewerf en lees stories in Haasbekkies en Grilgrot.
- Skryf ʼn storie wat geskik is vir een van die afdelings (Haasbekkies of Grilgrot).
- Teken prente (illustrasies) wat by die storie pas.
- Stuur die inskrywing aan: skryf21@storiewerf.co.za
- Reëls
- Alle stories moet in Afrikaans wees.
- Die storie moet geskik wees vir een van die volgende afdelings op Storiewerf: Grilgrot of Haasbekkies.
- Woordtelling van die storie: 800 tot 2000 woorde.
- Die storie moet die skrywer se eie oorspronklike skryfwerk wees.
- Die storie mag nie reeds gepubliseer wees nie.
- Die storie mag nie voorheen of huidig vir ʼn ander kompetisie ingeskryf wees nie.
- Die skrywer moet ook prente (illustrasies) by die storie voeg. Die illustrasies moet oorspronklike werk wees en mag deur die skrywer of deur iemand anders gedoen word. Die illustreerder se naam en van moet in die inskrywing aangedui word. (Kyk wenke vir illustrasies onderaan.)
- Alle inskrywings word oorweeg, maar die pryse word slegs toegeken indien die gehalte van die inskrywings dit regverdig. Alle deelnemers sal ʼn Storiewerf-FAK sertifikaat ontvang.
- Goeie inskrywings sal op Storiewerf in die betrokke afdeling geplaas word. Die skrywer en illustreerder behou die kopiereg van die werk.
- Skryfkunsstudente aan die Noordwes-Universiteit mag nie aan die kompetisie deelneem nie.
- Sluitingsdatum vir inskrywings: 15 Julie 2021.
- Die wenners sal via e-pos in kennis gestel word en op Storiewerf se webwerf en sosiale media bekend gemaak word. Die beoordelaars se beslissing is finaal.
- Elke inskrywing moet vergesel word deur ʼn foto van die skrywer en die illustreerder.
- Formaat:
- Inskrywing moet in WORD-formaat wees.
- Die volgende inligting moet bo-aan die storie verskyn:
- Die skrywer se naam en van
- Die illustreerder se naam en van
- Die afdeling waaronder die inskrywing val, bv. “Haasbekkies”
- Ouderdom of ouderdomskategorie
- Skrywer se e-posadres
- Skrywer se kontaknommer
- Titel van die storie
- Die prente (illustrasies) moet deel van die dokument wees, en moet ook apart in JPG-formaat gestuur word.
- Titel van die dokument: Skrywer se naam, titel, ouderdomskategorie, afdeling Byvoorbeeld: Johan Vermaak, Die klasmonster, Hoërskool, Grilgrot
- Indien meer as een inskrywing ingedien word, moet elke storie apart gestuur word.
WENKE VIR STORIES:
- Kies ʼn titel wat ʼn leser se aandag sal trek.
- Maak seker dat die storie ʼn duidelike begin, middel en einde het.
- Laat iemand anders die storie lees en vir jou kommentaar gee.
- Gebruik ʼn speltoetser en gaan jou storie goed na om onnodige foute uit te skakel.
- Herskryf die storie ʼn paar keer. Elke probeerslag maak jou storie beter.
- Lees die kompetisiereëls mooi deur en volg die instruksies sorgvuldig.
- Lees gerus skryfwenke in Skryfgeheime:
- Hoe skryf mens spookstories? Louise Prinsloo
- Hoe om ‘n grilstorie te skryf – De Wet Hugo
- Skryf ʼn sterk begin – Janie Oosthuysen
- Riglyne vir klein stories – Martie Preller
- Skryfwenke – Fanie Viljoen
WENKE VIR ILLUSTRASIES:
- Die illustrasies kan in enige medium of styl wees.
- Mens kan baie kreatief te werk gaan en oulike illustrasies vir jou storie maak.
- Kyk gerus na die illustrasies by die volgende stories op Storiewerf:
Rig enige navrae aan: Franci Greyling franci@storiewerf.co.za